top of page

Ons storie

Kimberley-Harmonie is die Here se gemeente.  Jesus alleen is die Hoof.  Hy lei en regeer ons deur sy Woord en Gees.  Die kerkraad, insluitende die leraars, staan in diens van die Hoof.  Hulle is daar om die lidmate te help om te groei in hulle verhouding en navolging van Jesus, sodat elkeen elke dag as dissipel van Jesus kan leef.

 

Harmonie het ’n bepaalde spiritualiteit.  Die Woord en ons belydenis speel ’n belangrike rol in die wyse waarop ons funksioneer en aanbid.  Ons aanvaar ons kan nie in al die spirituele behoeftes van lidmate voorsien nie, maar ons probeer wel om ’n middeweg te volg waar almal bedien kan word en in die gemeente ’n geestelike tuiste vind.

 

Elke lidmaat word daarom hartlik uitgenooi om in te skakel en saam met die ander lidmate te werk aan die uitlewing van ons roeping. 

 Ons wil nie ’n na-binne-gefokusde-gemeente wees, waar lidmate passasiers is wat deur die ampte bedien moet word nie.  Nee, elke lidmaat is deel van die bediening en die ampsdraers se taak is om lidmate te help om hierdie bediening te volvoer.

​​

Ons roeping

Ons Opdrag: Om God en ons naaste elke dag liewer te hê.

​

Ons Roeping: Om ‘n gemeente te wees wat:

  • Honger en dors na die bediening van die Woord.

  • Gemeenskap hou met God en met mekaar.

  • Barmhartigheid opreg bewys.

  • Met al bogenoemde na die hele wêreld uitreik.

Wat ons glo

Harmonie Gemeente is 'n stedelike gemeente met 'n plattelandse manier van doen. Ons byeenkomste is vir ons uiters belangrik en ons is 'n gehegte familie van gelowiges. Ons glo in die Drie-Enige God, wat Skepper, Here, en Leidsman is. 

​

Ons glo dat ons almal op reis is in hierdie wêreld, en as ons saam op reis bly maak dit dinge bietjie makliker. Kom kuier gerus vir ons en beleef dit vir jouself.

​

Inligting benodig? Kliek hier.

13_edited.png
  • Instagram
  • Facebook
  • Youtube

HARMONIE GEMEENTE

Kantoor nommer:

(053) 832 7722

30 Kekewich rylaan

Monument Hoogte

Kimberley, 8301

©2024 by Harmonie Gemeente. Proudly created with Wix.com

bottom of page