
Wat Gebeur
Iets vir elkeen
Hieronder word ons weeklikse aktiwiteite gelys. Skakel gerus in.

Kategese & Kinderbediening
Ons gemeente is sterk gefokus op ons Kategese en ons kinders se geloofsgroei. Ons het Kleuterkerk (Sondae tydens erediens), Kinderkerk (Sondae tydens erediens), Kategese vir alle Graad 1 - Graad 9 na die afloop van die diens en ons Graad 10 en Graad 11 Belydenis groepe.
Vir meer inligting kontak ons by:
of

Tiener Byeenkomste
Elke tweede Vrydagaand (vakansies en langnaweke uitgesluit) kom ons gemeente se tieners bymekaar. Ons kuier lekker saam, speel so paar speletjies en gesels ook oor die Woord. Enige tieners is welkom!
Vir meer inligting kontak vir Ds. Estian Mentz by:
of

Midweek
Elke Woensdag om 10:00 en 18:00 (Vakansies uitgesluit) kom ons as gelowiges bymekaar om dieper in die Woord in te delf, saam te kuier en koffie te drink. Kom sluit gerus aan!
Vir meer inligting, kontak ons by: bianca@ngkharmonie.co.za
of

Harmonie Breigroep
Elke Dinsdagoggend (Vakansies uitgesluit) kom 'n groep van ons gemeente, en ander gemeentes bymekaar om saam te kuier, en te brei. Ons breiwerk word geneem na die Kimberley Hospitaal toe waar dit versprei word in die Premature Babasaal. Dit is 'n wonderlike geleentheid om jou hande te gebruik om iets vir iemand en die Koninkryk te beteken.
Vir meer inligting:
of

Senior Lidmate Bedieding
As gemeente is ons ouers lidmate en mense vir ons baie belangrik. Daar is verskeie aftreeoorde/tehuise vir bejaardes in Kimberley warby ons betrokke is op een of ander manier. Minerva Gardens oord het elke Dinsdagoggend (vakansies uitgesluit) 'n bybelstudie groep wat in die eetsaal op die perseel bymekaarkom.
Vir meer inligting:
of

Ander bedieninge en aksies
As gemeente is ons op verskeie plekke en vlakke betrokke in en om Kimberley. Dit sluit in ons ondersteuning aan sendelinge in Nepal, ons gefokusde pastorale bediening en nog vele ander aksies en groepe wat werksaam is.
Vir meer inligting kontak ons by:
of
of
Lees meer hier